Thursday, August 16, 2012


Titel: Vat 'n kans
Marika


Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Klip klop teen die ruite
Van ‘n donker man se siel
Vir altyd staan hy buite
En nooit verwoord sy pyn

Kom liefs binne en maak jou tuis
Die tafel staan gereed
‘n feesmaal in jou eie huis
dis tyd dat jy dit weet

vriend, wie kan jou verdwaas
so veilig langs die vuur
Sy lig dryf spoke uit oplaas
die Here gee jou 'n kans

Marika
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

groene swangerling rypend gesond
oes gereed in barendsnood
as maar net die maaier weet
kreunend grond in pyn

oggendstond se goud is rooi
vanoggend as die koeie kom
aanstappend gedwee enkellid
weemoed hortend  emmers vol

spruit vol klip
kabbel trane rietgras seer
weenend wieg vinke blindlings
hoeveld son sy baan verloor

stomme plaaswerf
hoenderhok rou
oe gevestig op die weste
vir die donker om hul hart toe te vou

oor verre velde
deur treund valleie
op vleuels van die wind
snellend boodskap

die boer is dood


Marika
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



Uilspieel is die ou wat huil as hy met sy fiets ry op die afdraande – die opdraande le voor en weer lekker lag teen die opdraande.

Domme woorde maar waar. Dis nou eenmaal vreeslik om swaar te kry. As jy voel jou kop kan net nie meer enige skok vat nie, dan kan jy maar weet hy wil nie meer tob nie. Draai die musiek aan en dans. Pluk sommer jou boef-boef oefenmusiek gou in die cd-speler en laat waai Meraai.

Dans van die kombuis na die eetkamer, in die badkamer voor die spieel, terug na die sitkamer en uit by die voordeur. Tango oor die strawwe Karoo tot die wind jou wete wegswiep en jy nie eens meer jou naam kan onthou oor  dorre lippe. Hyg na asem met ‘n hip-hop in Egoli stad as donker gedagtes dreig om jou bene te stop. Voor floute toesak van lekkerkry , slaan liefs oor na Volkspele in Morgenzon se nuwe boeresaal.


Sluit jouself na so rukkie in by Umkhosi Womhlanga fees in Kwazulu-Natal vir hoogskop met riete by die rivier en vat dan vir Zuma op die jakkalsdraf dans na Kaap sonder punt. Keer maar eerder om sonder maat vir net ingeval met ‘n ou bekende wals na die hawe in Oos-London. Dis juis hier waar hulle sulke pragtige vuurwerke skiet in die nag as jy gelukkig is om in tyd te arriveer. In Gonubie mag jy gaan dans op surfboards in die bloute van die diepe see tot die haaie kraai van pure plesier.


Is die seisoen nog steeds met jou, skiet op na Luderitz in Suidwes Afrika en doen ballet met die meeue in die lug tot jy weet die einde is nou baie naby. “Ein Prosit”
in die kroeg by die stopteken met die manne van ouds wat almal oorgedrewe met jou die ou nag uitlui voor 'n nuwe seisoen kom hallo se.


Marika


Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

“Netjiese kapsel, amper te netjies vir so laat in die middag”, dink ek grom van my agtste plek in ‘n deurmekaar ry oor die assistant by die toonbank. Uit verveling begin ek toe maar die man voor my in die ry se hare te besigtig. Sal se so 63 persent van die swart kortgeknipte haartjies is grys. Dis nogal ‘n mooie man, hy wil seker nie kleur gebruik nie.

Ek dink aan my pa en oupa wat  nie eens weet of geweet het van kleursel vir mans hare nie. Wat is dit met van ons vroue dat ons nie wil grys lyk nie? Uit die vyf vroue in die ry is nie een grys nie. My eie hare dreig elke ses weke om my ouderdom te verklap as ek hulle nie dadelik na die haarkapper vat nie. Wat ‘n duur storie is dit nie, veral met so ‘n boskasie lang swart hare.

Die vroutjie by die toonbank gaan nou regtig van klein na kleiner in my oe. Sy is al hoe lank besig om haar vingers om daai note te draai en geld in en uit die laai te pluk. Die bekkie stop nie vir ‘n oomblik nie. Dit maak mens wonder of sy uitgehonger is vir geselskap of ly sy maar bloot aan verbale diaree. Hoe besig lyk sy nie, maar o wee, so stadig. Teen so ‘n trant kan mens maar vergeet om die middagverkeer huis toe te vermy.

Dis nie lank daarna nie toe ‘n kortgesette persoon in die tou haar mening met die dame agter haar deel. Jy kan sommer hoor sy gaan alles hard en duidelik uitspel wat ons ander te bang is om selfs aan te dink. Voor sy haar vloermoer kon klaar gooi, kom druk daar sowaar ‘n lang man voor ons ander in. Die arme man moes toe maar aanhoor dat hy hom self verwar deur te dink die tou eindig by die plek waar hy indruk. Skaam-skaam gaan staan hy toe maar agter in die los gebondelde tou.  'n Paar van ons skape in die ry kry die man jammer.

Uit  blote desperaatheid (daar is nie melk en brood in die huis nie) hou ek toe maar uit en aan my mandjie voor my uitskop vir elke spasie oppad na die wenstreep. Eindelik beland die ewe voos mandjie op die toonbank. Gunter weet waarom daar nie meer bedieningspunte oop is hierdie tyd van die dag nie. As ek meer tyd had sou ek darem graag met die bestuurder ‘n paar woorde wou wissel .

Elfuur die aand le ek heerlik in my sagte hemelbed en dink aan die dag wat verby is. Wat ‘n klein maar groot plesiertjie is dit tog om na alle frustrasie en irritasie, van rondhol regoor my klein aardbol hier in die veilige hawetjie te kan le en rus … tot more weer kom.



Marika
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Lag is nou wie weet wat ‘n snaakse ding. Mense is van so ‘n aard dat hulle emosie in lag kan uitdruk. Dit kan willekeurig of onwillekeurig gebeur, hang net af van die beweegrede. Lag se beginpunt kan lyk soos ‘n by wat om sy suikerbekkie dartel vir lekkerste-lag nektar, stuifmeel rondskuif om bitter pit letsels te maak , ‘n piesangskil op die lewenspad of ‘n skoen wat hard op ‘n opgeblase karton boksie land.

Die lekkerste een is die vuurpyl-effek. Dis gewoonlik willekeurig wat tot onwillekeurigheid lei. Jy’s gereed vir die ha-ha lag-storie en gaan gewoonlik so: dit kielie bietjie in die oor en hardloop af na die mondhoek tot in die maag. Dis hier waar die lekkerste vaart begin. ‘n Tingeling rinkel op na die keel en maak hom vrolike kanarie note sing. Soos die ha-ha grappie vorder verby grense sonder naam ruk en skud die maagspiere, die note raak deurmekaar en buite beheer wat gaan van hoog na skree doer bo erens tot die trane spat in alle rigtings. Vol van genoegdheid voel die lyf so vry sonder kwelling of kwaal lank na die lag sessie homself uitwoed.

Geheime skimme loop met sakke vol planne op die rug. In hulle teenwoordigheid klink lag geluide klokhelder op. Dit troon bo die res van die geselskap. Niemand kan dit mis nie. En dis juis die punt. Om hulle eie self en saak te bevorder maak hulle ieder en elk bewus van die hartlike geur om hulle self. Met so iemand wil jy mos nie stry nie. Wie wil nou so een na regte behandel as die een so galant ‘n vrolike atomosfeer probeer skep. As ek reg onthou steek hulle lag-angel die seerste.

Piesangskil-situasies gebeur onwillekeurig. Tydens ons studentejare staan ons een keer voor ‘n geslote lesingsaal deur. Die gevreesde proffie was laat of so iets. Niemand van ons sou waag om ‘n briefie op die deur te laat om te se ons was hier vir klas en gaan nou maar weer loop aangesien prof nie hier is nie. Na ‘n baie lang tyd van hang en sit teen die mure vroetel ‘n knaap in ons klas aan die brandblusser reg by die deur. Voor hy weet wat gebeur spuit skuim met vors in alle rigtings op ons en beste van alles op prof wat uitreik om die deur op daai selfde oomblik oop te sluit. Die gang buite die lesingsaal vibreer van lag en skree toe prof vol skuim alleen die lesingsaal binnegaan en ‘n verdwaasde knaap met die brandblusser op die vloer langs hom na ons almal staar in totale ongeloof.

‘n Lag-aanval is raar maar seer. Dis asof die blinde sambok die aangestate looi keer op keer. Hoe meer jy wil ophou, hoe minder kan jy. Dis net so goed jy val uit
‘n eenverdieping gebou, daar is geen stuit aan die val nie en sjoe, die landing is baie erg. Die aanvang is nog beheerbaar sal jy dink. Dis net hier waar mens jou misgis. So 'n missiel is gelaai met dinamiet. Hy woed eers uit as alles buite beheer is en jy jouself buite grense van afgryse bevind. Ongelukkig kom dit wat opgaan af en dis juis daar wat die slagoffer sukkel om weer regop te kom. TV-aanbieders wat vir hulle gaste begin lag is een goeie voorbeeld. Op You-tube lag die arme Erik Hartman so vir sy gaste en die kos hom toe sy loopbaan (gaan loer gerus) .

Ai, somtyds lag die lag die lekkerste van almal!







Titel: Die Lewe het Fratse  
Marika

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

n Frats is ‘n ding wat buite die normale le. Frats en vratjie alletereer en stem nogal ooreen. Gestel ‘n pragtige gesiggie het ‘n vratjie op die wang, dan verkyk almal hulle daaraan met die gedagte van afkeer, selfs weersin. Die frats of vratjie kom nie juis agter iets is nie pluis nie en klou aan die gedrag of toestand soos ‘n bobbejaan aan ‘n klimraam.

Die een groot frats is ‘n oorbetrokke ma in haar volwasse seun se lewe. Daars een so ‘n ma wat ek ken. Haar seun is alreeds 24 jaar oud en bly by haar en manlief in hulle drie slaapkamer huis. Sammy (vir Sam) is haar soetlief van babatyd. Hy is die enigste kind. Wederhelf vlieg weekliks op en af tussen die ooste en weste van die land. Hy werk in die ooste en in sy af tyd en oor naweke bly hy in die weste.

Die rede vir hulle groot trek van oos na wes was juis om vir boeta uit die dorp en provinsie te kry waar ‘n boelie sy lewe versuur. Maande en ‘n paar jaar het omgegaan voor hy en sy ma naastenby met sekerheid kon se hulle is oor die ergste emosionele pyn van die geboeliery. Praat iemand in haar geselskap oor ‘n boelie, skiet haar oe nou nog vol trane as sy dieselfde storie oor en oor vertel tot vervelens van ons wat haar vir jare ken.

Dis dalk juis in hierdie fase van herstel dat die pap so dik aangemaak is. By die nuwe skool aangekom het mams vining haar sommetjies gemaak en vir haar ‘n administratiewe pos by dieselfde privaatskooltjie gekry. Nodeloos om te se sy moes al hoeveel keer die hoof oortuig dat Sammy te besig was om huiswerk te doen, hy is al spottender wys gebrandmerk as die een wat weens “siekte” tuis is voor ‘n groot toets, met die kar huistoe gejaag en terug om boeke te gaan haal vir die volgende periode...

Breek die tyd aan om universiteit toe te gaan, vind die gesin uit hy het nie genoeg krediete vir die kursus nie. Gelukkig kon manlief met sy eindelose lyste van kontakte vir Sammy inkry. Tot ons groot verbasing hoor ons dat ma elke oggend saam met Sammy na die kampus ry. Sy verwyl haar tyd deur in die sportkompleks se swembad te swem, in die biblioteek te lees en dan middagete met boeta in die kafeteria te kuier. Smiddae gaan sy kruideniersware koop of drink tee met vriendinne in die universiteits omgewing. Om en by tussen drie- en vyfuur elke middag ry die tweetjies terug, betyds vir sepies en aandete.

Nodeloos om te se altwee kon na die eerste paar weke met sekerheid se hulle tyd op kampus loop teen ‘n einde. Sedertdien werk hy in die bure se firma as verkoopsman - garagedeure. Steeds kan jy nie vir ‘n paar ure met my vriendin kuier of die twee bel mekaar ten minste een of twee keer om te hoor wat die ander een doen of om te hoor wie gaan eerste tuis wees en so gaan hulle aan. Op facebook skerts sy saam met die paar vriende wat hy het oor doen en late oor die en daai ding.

Sy is ‘n oulike vriendin maar die vratjie bederf haar liederlik. Ek hoop van harte dat haar oe eendag kan oopgaan en dat haar gedra nie langer van haar ‘n frats in hierdie lewe maak nie.

Thursday, June 21, 2012

Page 28 of SARIE

Page 28 of SARIE

"Ons lewe in 'n wereld waar ons die blink kant bo hou, terwyl die helften van ons naby breekpunt is.  Ons loop nie met ons hart op ons moe nie, praat nie uit ons binnenkamer nie."  Janie du Plessis