Thursday, August 16, 2012



Marika
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



Uilspieel is die ou wat huil as hy met sy fiets ry op die afdraande – die opdraande le voor en weer lekker lag teen die opdraande.

Domme woorde maar waar. Dis nou eenmaal vreeslik om swaar te kry. As jy voel jou kop kan net nie meer enige skok vat nie, dan kan jy maar weet hy wil nie meer tob nie. Draai die musiek aan en dans. Pluk sommer jou boef-boef oefenmusiek gou in die cd-speler en laat waai Meraai.

Dans van die kombuis na die eetkamer, in die badkamer voor die spieel, terug na die sitkamer en uit by die voordeur. Tango oor die strawwe Karoo tot die wind jou wete wegswiep en jy nie eens meer jou naam kan onthou oor  dorre lippe. Hyg na asem met ‘n hip-hop in Egoli stad as donker gedagtes dreig om jou bene te stop. Voor floute toesak van lekkerkry , slaan liefs oor na Volkspele in Morgenzon se nuwe boeresaal.


Sluit jouself na so rukkie in by Umkhosi Womhlanga fees in Kwazulu-Natal vir hoogskop met riete by die rivier en vat dan vir Zuma op die jakkalsdraf dans na Kaap sonder punt. Keer maar eerder om sonder maat vir net ingeval met ‘n ou bekende wals na die hawe in Oos-London. Dis juis hier waar hulle sulke pragtige vuurwerke skiet in die nag as jy gelukkig is om in tyd te arriveer. In Gonubie mag jy gaan dans op surfboards in die bloute van die diepe see tot die haaie kraai van pure plesier.


Is die seisoen nog steeds met jou, skiet op na Luderitz in Suidwes Afrika en doen ballet met die meeue in die lug tot jy weet die einde is nou baie naby. “Ein Prosit”
in die kroeg by die stopteken met die manne van ouds wat almal oorgedrewe met jou die ou nag uitlui voor 'n nuwe seisoen kom hallo se.

No comments:

Post a Comment