Thursday, August 16, 2012





Titel: Die Lewe het Fratse  
Marika

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

n Frats is ‘n ding wat buite die normale le. Frats en vratjie alletereer en stem nogal ooreen. Gestel ‘n pragtige gesiggie het ‘n vratjie op die wang, dan verkyk almal hulle daaraan met die gedagte van afkeer, selfs weersin. Die frats of vratjie kom nie juis agter iets is nie pluis nie en klou aan die gedrag of toestand soos ‘n bobbejaan aan ‘n klimraam.

Die een groot frats is ‘n oorbetrokke ma in haar volwasse seun se lewe. Daars een so ‘n ma wat ek ken. Haar seun is alreeds 24 jaar oud en bly by haar en manlief in hulle drie slaapkamer huis. Sammy (vir Sam) is haar soetlief van babatyd. Hy is die enigste kind. Wederhelf vlieg weekliks op en af tussen die ooste en weste van die land. Hy werk in die ooste en in sy af tyd en oor naweke bly hy in die weste.

Die rede vir hulle groot trek van oos na wes was juis om vir boeta uit die dorp en provinsie te kry waar ‘n boelie sy lewe versuur. Maande en ‘n paar jaar het omgegaan voor hy en sy ma naastenby met sekerheid kon se hulle is oor die ergste emosionele pyn van die geboeliery. Praat iemand in haar geselskap oor ‘n boelie, skiet haar oe nou nog vol trane as sy dieselfde storie oor en oor vertel tot vervelens van ons wat haar vir jare ken.

Dis dalk juis in hierdie fase van herstel dat die pap so dik aangemaak is. By die nuwe skool aangekom het mams vining haar sommetjies gemaak en vir haar ‘n administratiewe pos by dieselfde privaatskooltjie gekry. Nodeloos om te se sy moes al hoeveel keer die hoof oortuig dat Sammy te besig was om huiswerk te doen, hy is al spottender wys gebrandmerk as die een wat weens “siekte” tuis is voor ‘n groot toets, met die kar huistoe gejaag en terug om boeke te gaan haal vir die volgende periode...

Breek die tyd aan om universiteit toe te gaan, vind die gesin uit hy het nie genoeg krediete vir die kursus nie. Gelukkig kon manlief met sy eindelose lyste van kontakte vir Sammy inkry. Tot ons groot verbasing hoor ons dat ma elke oggend saam met Sammy na die kampus ry. Sy verwyl haar tyd deur in die sportkompleks se swembad te swem, in die biblioteek te lees en dan middagete met boeta in die kafeteria te kuier. Smiddae gaan sy kruideniersware koop of drink tee met vriendinne in die universiteits omgewing. Om en by tussen drie- en vyfuur elke middag ry die tweetjies terug, betyds vir sepies en aandete.

Nodeloos om te se altwee kon na die eerste paar weke met sekerheid se hulle tyd op kampus loop teen ‘n einde. Sedertdien werk hy in die bure se firma as verkoopsman - garagedeure. Steeds kan jy nie vir ‘n paar ure met my vriendin kuier of die twee bel mekaar ten minste een of twee keer om te hoor wat die ander een doen of om te hoor wie gaan eerste tuis wees en so gaan hulle aan. Op facebook skerts sy saam met die paar vriende wat hy het oor doen en late oor die en daai ding.

Sy is ‘n oulike vriendin maar die vratjie bederf haar liederlik. Ek hoop van harte dat haar oe eendag kan oopgaan en dat haar gedra nie langer van haar ‘n frats in hierdie lewe maak nie.

No comments:

Post a Comment