Titel: 'n Piesangskil vir Lag
Marika
Die lekkerste een is die vuurpyl-effek. Dis gewoonlik willekeurig wat tot onwillekeurigheid lei. Jy’s gereed vir die ha-ha lag-storie en gaan gewoonlik so: dit kielie bietjie in die oor en hardloop af na die mondhoek tot in die maag. Dis hier waar die lekkerste vaart begin. ‘n Tingeling rinkel op na die keel en maak hom vrolike kanarie note sing. Soos die ha-ha grappie vorder verby grense sonder naam ruk en skud die maagspiere, die note raak deurmekaar en buite beheer wat gaan van hoog na skree doer bo erens tot die trane spat in alle rigtings. Vol van genoegdheid voel die lyf so vry sonder kwelling of kwaal lank na die lag sessie homself uitwoed.
Geheime skimme loop met sakke vol planne op die rug. In hulle teenwoordigheid klink lag geluide klokhelder op. Dit troon bo die res van die geselskap. Niemand kan dit mis nie. En dis juis die punt. Om hulle eie self en saak te bevorder maak hulle ieder en elk bewus van die hartlike geur om hulle self. Met so iemand wil jy mos nie stry nie. Wie wil nou so een na regte behandel as die een so galant ‘n vrolike atomosfeer probeer skep. As ek reg onthou steek hulle lag-angel die seerste.
Piesangskil-situasies gebeur onwillekeurig. Tydens ons studentejare staan ons een keer voor ‘n geslote lesingsaal deur. Die gevreesde proffie was laat of so iets. Niemand van ons sou waag om ‘n briefie op die deur te laat om te se ons was hier vir klas en gaan nou maar weer loop aangesien prof nie hier is nie. Na ‘n baie lang tyd van hang en sit teen die mure vroetel ‘n knaap in ons klas aan die brandblusser reg by die deur. Voor hy weet wat gebeur spuit skuim met vors in alle rigtings op ons en beste van alles op prof wat uitreik om die deur op daai selfde oomblik oop te sluit. Die gang buite die lesingsaal vibreer van lag en skree toe prof vol skuim alleen die lesingsaal binnegaan en ‘n verdwaasde knaap met die brandblusser op die vloer langs hom na ons almal staar in totale ongeloof.
‘n Lag-aanval is raar maar seer. Dis asof die blinde sambok die aangestate looi keer op keer. Hoe meer jy wil ophou, hoe minder kan jy. Dis net so goed jy val uit
‘n eenverdieping gebou, daar is geen stuit aan die val nie en sjoe, die landing is baie erg. Die aanvang is nog beheerbaar sal jy dink. Dis net hier waar mens jou misgis. So 'n missiel is gelaai met dinamiet. Hy woed eers uit as alles buite beheer is en jy jouself buite grense van afgryse bevind. Ongelukkig kom dit wat opgaan af en dis juis daar wat die slagoffer sukkel om weer regop te kom. TV-aanbieders wat vir hulle gaste begin lag is een goeie voorbeeld. Op You-tube lag die arme Erik Hartman so vir sy gaste en die kos hom toe sy loopbaan (gaan loer gerus) .
Ai, somtyds lag die lag die lekkerste van almal!
No comments:
Post a Comment