Saturday, January 7, 2012

Nuwe Jaar 2012



Hoe bly is ons om die nuwe jaar te vier. Dis so voorreg om te kan sien, hoor en ruik en vat ...
Hoe maklik is dit om te kla.

Die Here se hand is sterk. Met Hom kan ons die jaar begin met vreugde. En ja, ek verlang baie in hierdie tyd na SA. Dis lekker om Afrikaanse musiek te sit en luister in die aande. Mark het vir my 'n rekenaar gekoop waarvan die klank die musiek so helder maak.

Ons is geseen met baie lekker weer. Kan nie onthou wanneer laas dit so bitterlik koud was nie. Dis te goed vir woorde. Ek glo ook die seen kom uit die Here se hand.

No comments:

Post a Comment