so tingerig kan die ou stywe blink grassies op die witte aarde tog wier.
Daar's soveel stukkies wat van verlede jaar nog nie ingepas het nie. Soveel dinge om nog te doen en se ...
Ek is hierdie jaar in met aanhoudende gedagtes oor hoe tingerig ons mensies tog maar is. Net so styf in die nek as die winter grassies van Alberta. Soveel ander is oorlede in die afgelope maande. Selfs twee baie getroue dienaars van God in SA is weg. Nigel L en Martin H, vroeg in hul laaste seisoen. Ek dink aan 'n vriend van baie ligjare weg, twee jong ma's met elk sewe en agt kinners.
My swaer is siek, my broer ...
God is ons vesting. Wanneer alles om woed en ruk kyk ek hemelwaarts soos die Woord se. Dan raak die storm stil en my nek rustig.
Mag die Here Sy oes kom insamel in die jaar. Mag Sy Naam geheilig word en Sy koninkryk kom en Sy wil geskied.
No comments:
Post a Comment