dis so vroeg as ek uitkyk by die venster. Pik stik swart donker. Die hemelruim is baie besig vanmore, daar is tans vier flikkerende liggies wat noord en suid vlieg. Wens ek kon ook saamvlieg.
Die maan skyn wit en helder. 'n Deel van die onstilbare rivier is duidelijk silwer afgeets. En raai wat, dis al tien voor sewe in die oggend. Ons sal nou moet wikkel want voor vyf is dit weer sononder. Laat die dag begin!
No comments:
Post a Comment