Dis lekker reenweer, iets wat selde in Alberta gebeur. Hiers 'n fototjie van 'n stukkie hekelwerk. Jy kry dit op youtube en dan kan mens stap vir stap agterkom hoe mens hekel. Dis vir my beter as wat iemand jou wys want dan word my hande skoon bewerig van al die instruksies. Nou kan ek lekker knoei en lostrek sonder om iemand te frustreer.
Thursday, October 6, 2011
Reenweer

Sunday, October 2, 2011
Knippit
Die ou dun, maer en silwer naadwerksker het ons huisgesinnetjie girts, girts uitgesny van Suid-Afrika kaart. Toe gaan plak ons doer bo erens op die Noord-Amerikaanse kaart, meer na die koue noord-weste genaamd Alberta in Kanada. En hier sit ek nou weer vanmore. Ek sit op die hemelbed en kyk uit deur die venster oor die veld en huise op die heuwel. Vreemd en ver. Myle se afstand tussen ons en ander. Jare lange se verlange in ons harte. Herinneringe die padkaart wat ek uithaal dag na dag vir vyf jaar lank. Ek frommel die kaart, stryk dit plat, kyk dit stukkend. Oopvou en toevou. Wanner gaan ek weet: Ek kan nie terug? Are pomp bloed na die hart, maar hierdie padkaart are skop weg net om te verdwyn buite die grense van my oog. Paaie na afdraai mag dit nie wees. Paaie na omdraai - waarheen? Dis my verjaardag vandag. Ek wil terug na my ou lewe in die Hoeveld. Dis die veld wat ek ken sonder om aanwysings te wil he. Herrinneringe is daar wat dit is. Dis goed so. Maar hier? Dis ver en vreemd. Selfs die aarde ruik nukkerig.
Monday, September 19, 2011
Tuesday, September 13, 2011
Monday, September 5, 2011
Ketting om die nek
Ek wil hom he maar ek wil hom ook nie he nie. Eendag in die verre toekoms gaan hierdie ketting disintegreer wil ek glo. Dis daai dag wanneer ek weer gaan vry wees in of, of van, KK.
Die Beeld. Die Beeld Koerant. Regter duim druk beeld-ikoon tydig en ontydig. Enige impuls van blydskap, verlatenheid, verdrietigheid, gramskap, oorwinning laat Beeld oppop. Het Beeld al die dag se nuus verspil, kom News24 op.
Soos 'n hond aan 'n ketting is my lyf en kop. Die nuus laat my drafstap, gaap, verpesting voel, hoop he ... elke spier in harmonie met die ketting se geluid.
Ander skakels aan die ketting is : E-pos, Facebook. Deur hierdie skakels sirkuleer my wese dag vir dag, jaar vir jaar. Kuduclub was een so 'n skakel, maar is oorgeneem deur hierdie drie. Die strop raak al nouer.
Dis net saans wanneer ek gaan slaap dat die ketting rus.

Saturday, August 13, 2011
Pfft pfft die dag is uit
Saterdae aande mik ek altyd om presies om middernag die rekenaar af te sit. Vanaand is ek agter want dis nou net drie minute oor twaalf.
Op Sondae word die rekenaar nie gebruik nie. Ons gaan kerk toe en verkeer met vriende vir die dag, lees geestelike literatuur of as die moegheid 'n oorhand kry, word daar geslaap tussen die 10 en vieruur diens.
Wat 'n dolle begin het die dag nie gehad nie. Sesuur lui die deurklokkie. Andre antwoord en skrik hom boeglam. 'n Kort Chinese vroutjie met 'n oorvloed lyne op haar gesig beduie wild na iets wat buite aangaan. Eers probeer my brawe Andre die vrou kalmeer en so slaan die volgende skokgolf hom. Nie ver van die huis nie staan 'n poedel kaal man - bevry van alle kleding. Hy maak of hy deel van die geile natuur om hom is.
Om 'n lang storie kort te knip - die vroutjie is ewe beleefd deur Andre op 'n uitkomsroete gesit sodat sy aan die ander kant van die huis en in 'n ander deel van die woonbuurt kon huistoe stap. Wat van die kale man geword het weet niemand nie. Het darem vir die eerste keer in vyf jaar hier in KK al die deure gaan sluit.
Goeie more!

Friday, August 12, 2011
Stap
Hier in Kanada moet jy maar stap as jy kan gaan stap want kort voor lank is die jy weet watter seisoen weer op mens.
Mens gaan deur sulke siklusse as dit by stap kom. Eers maak jy alles gereed om te gaan stap en besluit veral dan of die hond mag saamkom of nie. Vandag moes sy bly want ek kon nie die idee van ver stap met die hond die rivier langs (sy mik en druk altyd vir 'n swem), drie manne se grappe, stamp en gestotery en my moee bene als op een slag geestelik dra nie.
So aan die begin van die stap druk ons onbewustelik een die ander weg om te stap waar jy wil wees in die troep, dan steek ons so-so hier daar met ligte gesprekke om darem nie so stil te wees nie en om ten minste iets te doen he op die vervelige eerste deel na die park.
Dis nie lank nie dan begin my manne mekaar stoot en terg. Dis ook die tyd wat jy moet luister as fiets klokkies waarsku hulle gaan verbykom en jy aan jou deel van die paadjie moet stap. Elke keer skree iemand in die troep uit 'n fiets kom aan. So gaan dit dan aan vir amper die hele twee derdes van die pad na die kafee in die park.
Daar gekom vra die meerderheid vir 1 "scoop of ice-cream". Die ander fraksie neem altyd 2 of 3 "scoops". Lekker eet ons onder die koelteboom tot iemand hoogs aktief raak en die ander aanhits vir dis nou tyd om huistoe te gaan. Teen die tyd is ons al moegerig en het presies die helfte van die pad oor om tuis te kom. Dis dan wanneer ons stiller raak en sien hoe mooi dit om ons is, 'n gesprek alleen met een in die groep voer oor dinge wat die hart raak...
Net voor die brug is daar 'n bos wat iets in die manne wakker maak. Dis dan wanneer hulle mekaar jaag of resies jaag en wat nog. Ek probeer dan maar net aanstap en byhou so goed moontlik. Op sulke tye tref nare gedagtes my oor hoe vervelig dit is om so alleen te stap en hoe erg dit hier in Kanada is. Op die brug krimp alle lelikheid want die rivier is altyd nostalgies mooi. Dis so lekker om aan die kant van die brug oor te leun en diep in die rivier te staar.
Na die brug weet ons bene hulle moet nou hol vir die huis, soos perde wat terug stal toe jaag. Mens dink dan nie veel nie, behalwe aan die koue lemoensap in die yskas.

Subscribe to:
Posts (Atom)