Sunday, October 2, 2011
Knippit
Die ou dun, maer en silwer naadwerksker het ons huisgesinnetjie girts, girts uitgesny van Suid-Afrika kaart. Toe gaan plak ons doer bo erens op die Noord-Amerikaanse kaart, meer na die koue noord-weste genaamd Alberta in Kanada. En hier sit ek nou weer vanmore. Ek sit op die hemelbed en kyk uit deur die venster oor die veld en huise op die heuwel. Vreemd en ver. Myle se afstand tussen ons en ander. Jare lange se verlange in ons harte. Herinneringe die padkaart wat ek uithaal dag na dag vir vyf jaar lank. Ek frommel die kaart, stryk dit plat, kyk dit stukkend. Oopvou en toevou. Wanner gaan ek weet: Ek kan nie terug? Are pomp bloed na die hart, maar hierdie padkaart are skop weg net om te verdwyn buite die grense van my oog. Paaie na afdraai mag dit nie wees. Paaie na omdraai - waarheen? Dis my verjaardag vandag. Ek wil terug na my ou lewe in die Hoeveld. Dis die veld wat ek ken sonder om aanwysings te wil he. Herrinneringe is daar wat dit is. Dis goed so. Maar hier? Dis ver en vreemd. Selfs die aarde ruik nukkerig.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment