Thursday, October 6, 2011

Steeds fotos op hierdie reenweer dag, net die pannekoek kort want myne flop soms

Dis toe nou die rok. Pragtige chiffon.
In die aanpaskamer, ek het 'n mooi rok gesien maar die rok pas toe nie reg nie.
Michael se werkplek. Hy het 'n hele kamer vir homself geannekseer.
Kananaskis kampterrein. Ons het vir so 2 aande gekamp. Baie lekker weer gehad.
Seuns laai die mandjies in, dis so lekker om voor te sit en hulle af te neem.
Nog fotos van die kwekery, ons het gaan mandjies koop vroeg in die somer
Vet vark! Sy naam is nogal Sunflower of so iets. Hy bly by die kwekery en is baie trots op homself.
Christo Heiberg en Mark. Kyk net hul groot koffie koppies! Christo bly in die ooste van Kanada, naby Ontario. Ons bly in die west van Kanada, by die Rockies in Alberta

No comments:

Post a Comment