Michael is 'n sonstraal. Hy kan net so vinnig in 'n donker wolkie verander. Hierdie cowboy kan ons almal se koppe vinnig swaai - se nou maar ek en Andre stry, dan is hy die een wat gou-gou die gesprek draai soos hy dink dit moet wees en kort voor lank het almal weer koers. O, ja en onthou om tog nie vir sy kat te lag nie - hy mag dalk vergewe, maar vergeet...., vergeet dit maar.
Tuesday, October 18, 2011
Michael

Iets van Andre
Andre is baie positief. As hy tog net 'n grappie kan vertel, dan kry hy sooo lekker as jy saam lag.
Hiers so paar fotos van Andre, sy verjaardag, white water rafting in die berge, rolskaatsaand. Hy is soos 'n Ninja aangetrek. Eintlik wou Andre iets anders wees - maar toe is sy ma te "lui" - gmpf! hmm... ekskuus te besig om al die balle in die lug te probeer hou om hom te help met 'n "kostuum" Hy het my regtig verbaas toe hy so 5 minute voor ons sou ry om die hoek in die kombuis instap. Ek het gehaa (dis veronderstel om te skrik) want ek was op die foon.
Thursday, October 6, 2011
Steeds fotos op hierdie reenweer dag, net die pannekoek kort want myne flop soms
Dis toe nou die rok. Pragtige chiffon.
In die aanpaskamer, ek het 'n mooi rok gesien maar die rok pas toe nie reg nie.
Michael se werkplek. Hy het 'n hele kamer vir homself geannekseer.
Kananaskis kampterrein. Ons het vir so 2 aande gekamp. Baie lekker weer gehad.
Seuns laai die mandjies in, dis so lekker om voor te sit en hulle af te neem.
Nog fotos van die kwekery, ons het gaan mandjies koop vroeg in die somer
Vet vark! Sy naam is nogal Sunflower of so iets. Hy bly by die kwekery en is baie trots op homself.
Christo Heiberg en Mark. Kyk net hul groot koffie koppies! Christo bly in die ooste van Kanada, naby Ontario. Ons bly in die west van Kanada, by die Rockies in Alberta

Reenweer
Dis lekker reenweer, iets wat selde in Alberta gebeur. Hiers 'n fototjie van 'n stukkie hekelwerk. Jy kry dit op youtube en dan kan mens stap vir stap agterkom hoe mens hekel. Dis vir my beter as wat iemand jou wys want dan word my hande skoon bewerig van al die instruksies. Nou kan ek lekker knoei en lostrek sonder om iemand te frustreer.
Sunday, October 2, 2011
Knippit
Die ou dun, maer en silwer naadwerksker het ons huisgesinnetjie girts, girts uitgesny van Suid-Afrika kaart. Toe gaan plak ons doer bo erens op die Noord-Amerikaanse kaart, meer na die koue noord-weste genaamd Alberta in Kanada. En hier sit ek nou weer vanmore. Ek sit op die hemelbed en kyk uit deur die venster oor die veld en huise op die heuwel. Vreemd en ver. Myle se afstand tussen ons en ander. Jare lange se verlange in ons harte. Herinneringe die padkaart wat ek uithaal dag na dag vir vyf jaar lank. Ek frommel die kaart, stryk dit plat, kyk dit stukkend. Oopvou en toevou. Wanner gaan ek weet: Ek kan nie terug? Are pomp bloed na die hart, maar hierdie padkaart are skop weg net om te verdwyn buite die grense van my oog. Paaie na afdraai mag dit nie wees. Paaie na omdraai - waarheen? Dis my verjaardag vandag. Ek wil terug na my ou lewe in die Hoeveld. Dis die veld wat ek ken sonder om aanwysings te wil he. Herrinneringe is daar wat dit is. Dis goed so. Maar hier? Dis ver en vreemd. Selfs die aarde ruik nukkerig.
Subscribe to:
Posts (Atom)