Wednesday, November 7, 2012


Loop die tweetjies by die Co-Op kruidenierswinkel raak en vra toe vir 'n foto.  Hulle sit so kiertsregop. Mense wat verbyloop gooi 'n geldjie in die blikkie.  Jy hoef nie as jy nie wil nie.  Deesdae loop al die Kanadese met "Poppies" op die skouers, self die du-Preez's want Sondag is Remembrance-day.  Ek het nou nog nie presies uitgevind wat doe in en uit is nie maar hulle dink aan gestorwe helde en ander tydens die oorlog.  Baie belangrik hier rond.  






Probeer die rangskikkings reg te maak vir die fondsinsameling funksie volgende Saterdag.




Koop toe hierdie twee voelsverskrikkers by Michael's vir $3 elk en die kleintjies vir $1.50.  Toe verf ek die vroutjie se rok en plak blinkers en linte met die "gluegun" op.  Moet nog die mannetjie "opdress" vir die groot aand.




Oefen om die rangskikking vir fondsinsameling funksie vir vlieg kadets te doen.

Wednesday, October 31, 2012




Nog 'n foto van ons Vrydag se tuisskool bymekaar kom groep, Lightbearers-kursus.  Nege tienerseuns kan nogal 'n interessante gesprek of drie voer.







By die Saskatoon-plaas geneem.






Goeie ou Alberta somerdae!  Mckenzie Lake met Hanna, die Ragan familie, Andre, Michael en Nathan.