Friday, February 10, 2012

Dames aand







Het nogal vanaand geniet. Ons het 'n damesaand by die kerk gehad en sommeer net uitgehang, soos die tieners mos se. Vanaand se dekorasie is alles met papier gedoen. Papier (toilet papier) rose, ou rokpatrone en koerantpapier asook wit tekenpapier.

Was prettig om dit te maak.

Hammies en Melkskommel


Die lekkerste melkskommel in Calgary en groot hammies vir die seuns.

Tuesday, February 7, 2012

Februarie 2012

Wat 'n wonderlijke weer het ons nie. Gister was 4 grade, Vrydag d.v. 7 grade. Bly jy in die Noord-Amerika, is 7 grade 'n bonus! Baie gaan aan op die oomblik. Mark is op en af die bus die hele week lank, uur stad toe, uur terug so hy werk baie hard om by alles uit te kom. Die seuns werk ook baie hard, hulle probeer hul bes. Aanlyn klasse is nogal moeilik, maar hulle hou aan en uit. Eksamentyd is darem verby.

Tuesday, January 17, 2012

Heimwee

Ousies

Ek kan nie verby Sara en Katrina en Maria en Julia, selfs ou Julia, dink sonder om in trane van verdrink te baai nie.

Soms sal ek sommer net vir lekker heimwee-eina le en dink aan al die Ousies. Pragtige naamwoord, die van Ousie. Ousies was sonskyn mense. Hulle het jou altyd laat dink jou probleme is groter as hulle s'n. Nooit het ek hulle hoor kla nie. Ja, daar was skete en dinge, maar regtig kla, nee nie wat ek kan onthou nie. Eenkeer het ek vir 'n ousie gevra wat praat sy so hardop in Zulu wat ek nie kan verstaan nie. Skouer-ophalend het sy gese sy praat sommer oor die dinge by die huis. Wat wou ek weet, maar sy het net gemompel oor iets van iets. Sekerlik het sy nie 'n maklike lewe geken nie. Dis te seer om te dink oor wat alles al met Ousies in hierdie lewe gebeur het. Soontoe wil ek nie dink nie. Die armstes van armes...

Ousies was mense wat chaos in orde kon skep. Stap sy Maandagoggend in die huis, dan wil ek haar om die hals val. Die donkerte van die naweek se deurmekaar huis verdwyn gou. Sy is hier om my onvermoe te kom regmaak. Soos altyd wanneer sy drie-uur huistoe gaan, is die kamers netjies, die beddens vars, baddens geskrop en beste van alles, die alewige wasgoed is gewas. Dinsdag kom sy in om te stryk. Alles, van die panties tot die lakens. Moenie vir haar sy sy moenie onderklere stryk nie. Nee, ousiesis netjies en hulle stryk alles plat.

Ousies was kindertyd daar om mee te gesels. Min het hulle teruggepraat of raad gegee, net geluister terwyl hul afstof en stuk-stuk aanskuifel met die meubelstukke langs. Dan het ons kinders land en sand ons harte uitgepraat. Geglo hulle luister intens. Nou weet ek hulle was baie geduldig en beleefd om ons maar te laat voort babbel en krabbel in kinder onvermoe.

Kom elfuur teetyd, dan is ons daar, saam met hulle op die gras. Sulke dik stukke witbrood met suiker-soet koffie maak hulle vir al die energie wat al uitgewerk is. 'n Kar kan nie sonder die petrol loop nie, se hulle dan as ons wil weet waar is ons s'n. Ons moet maar loop speel. Nee, dit was te lekker om by die ousies te sit en kyk hoe hulle slurp en staar en brood in koffie druk. Ons speel om hulle. Zulu-klanke in die erf, dit maak ons lekker voel.

Hier in die verre Noorde van die wereld is daar nie ousies soos die van Afrika nie. Sulke juwele kry mens nie. Dis anders hier. As jy 'n "maid" kan bekostig, dan dink jy tweekeer of is dit regtig nodig. Hulle kom net in en uit en dis dit. Nikse gelekkerte omtrent hulle nie. Praat nie eens van was en stryk en skrop nie. Dis alles net so bolangs gedoen, sonder hart of siel.

Ons ou Ousies van Afrika. Glinster wit tande in Afrika se son. Kopdoeke vir Afrika. Sunlight seep reuk. Overalls en voorskote en tekkies. Huistoe gaan tyd is ingepak in Shoprite sakkies, 'n koebaai waai by die agterdeur en 'n skoon huis. Maar die beste van alles is die nageur van die Ousie se sorg.

Saturday, January 14, 2012

Tuis vandag


tuis vandag,
Michael het na die Y gegaan vir 'n lewensredding kursus
Andre het geleer vanoggend vir eksamen
Mark het koffies tuis gedrink
ek het die kinders karwei
en toe vanaand het
hulle almal by die
Mckenzie Lake gaan skaats

Friday, January 13, 2012

einde van nog 'n werkweek

so tingerig kan die ou stywe blink grassies op die witte aarde tog wier.

Daar's soveel stukkies wat van verlede jaar nog nie ingepas het nie. Soveel dinge om nog te doen en se ...

Ek is hierdie jaar in met aanhoudende gedagtes oor hoe tingerig ons mensies tog maar is. Net so styf in die nek as die winter grassies van Alberta. Soveel ander is oorlede in die afgelope maande. Selfs twee baie getroue dienaars van God in SA is weg. Nigel L en Martin H, vroeg in hul laaste seisoen. Ek dink aan 'n vriend van baie ligjare weg, twee jong ma's met elk sewe en agt kinners.
My swaer is siek, my broer ...

God is ons vesting. Wanneer alles om woed en ruk kyk ek hemelwaarts soos die Woord se. Dan raak die storm stil en my nek rustig.

Mag die Here Sy oes kom insamel in die jaar. Mag Sy Naam geheilig word en Sy koninkryk kom en Sy wil geskied.