Thursday, October 6, 2011
Reenweer
Dis lekker reenweer, iets wat selde in Alberta gebeur. Hiers 'n fototjie van 'n stukkie hekelwerk. Jy kry dit op youtube en dan kan mens stap vir stap agterkom hoe mens hekel. Dis vir my beter as wat iemand jou wys want dan word my hande skoon bewerig van al die instruksies. Nou kan ek lekker knoei en lostrek sonder om iemand te frustreer.
Sunday, October 2, 2011
Knippit
Die ou dun, maer en silwer naadwerksker het ons huisgesinnetjie girts, girts uitgesny van Suid-Afrika kaart. Toe gaan plak ons doer bo erens op die Noord-Amerikaanse kaart, meer na die koue noord-weste genaamd Alberta in Kanada. En hier sit ek nou weer vanmore. Ek sit op die hemelbed en kyk uit deur die venster oor die veld en huise op die heuwel. Vreemd en ver. Myle se afstand tussen ons en ander. Jare lange se verlange in ons harte. Herinneringe die padkaart wat ek uithaal dag na dag vir vyf jaar lank. Ek frommel die kaart, stryk dit plat, kyk dit stukkend. Oopvou en toevou. Wanner gaan ek weet: Ek kan nie terug? Are pomp bloed na die hart, maar hierdie padkaart are skop weg net om te verdwyn buite die grense van my oog. Paaie na afdraai mag dit nie wees. Paaie na omdraai - waarheen? Dis my verjaardag vandag. Ek wil terug na my ou lewe in die Hoeveld. Dis die veld wat ek ken sonder om aanwysings te wil he. Herrinneringe is daar wat dit is. Dis goed so. Maar hier? Dis ver en vreemd. Selfs die aarde ruik nukkerig.
Monday, September 19, 2011
Tuesday, September 13, 2011
Monday, September 5, 2011
Ketting om die nek
Ek wil hom he maar ek wil hom ook nie he nie. Eendag in die verre toekoms gaan hierdie ketting disintegreer wil ek glo. Dis daai dag wanneer ek weer gaan vry wees in of, of van, KK.
Die Beeld. Die Beeld Koerant. Regter duim druk beeld-ikoon tydig en ontydig. Enige impuls van blydskap, verlatenheid, verdrietigheid, gramskap, oorwinning laat Beeld oppop. Het Beeld al die dag se nuus verspil, kom News24 op.
Soos 'n hond aan 'n ketting is my lyf en kop. Die nuus laat my drafstap, gaap, verpesting voel, hoop he ... elke spier in harmonie met die ketting se geluid.
Ander skakels aan die ketting is : E-pos, Facebook. Deur hierdie skakels sirkuleer my wese dag vir dag, jaar vir jaar. Kuduclub was een so 'n skakel, maar is oorgeneem deur hierdie drie. Die strop raak al nouer.
Dis net saans wanneer ek gaan slaap dat die ketting rus.

Subscribe to:
Posts (Atom)