Monday, January 21, 2013

BOODSKAP VAN DIE NAG 


groene swangerling rypend gesond
oes gereed in barendsnood
as maar net die maaier weet
kreunend grond in pyn

oggendstond se goud is rooi
vanoggend as die koeie kom
aanstappend gedwee enkellid
weemoed hortend  emmers vol

spruit vol klip
kabbel trane rietgras seer
weenend wieg vinke blindlings
hoeveld son sy baan verloor

stomme plaaswerf
hoenderhok rou
oe gevestig op die weste
vir die donker om hul hart toe te vou

oor verre velde
deur treund valleie
op vleuels van die wind
snellend boodskap

die boer is dood

No comments:

Post a Comment