Wednesday, October 31, 2012

Nogal op vendusie!

Ek kry die onderstaande op die internet


Die volgende storie het ‘n ou oom van bykans 80 jr oud vir my gegee om te lees. Dit was tussen sy oorlede vrou se besittings en is baie lank terug geskryf.Ek het dit nogal geniet en besluit om dit te plaas.

Die droom van Nig Betta.
Nig Betta skrik een nag wakker.
Haar kussing papnat soos sy huil.
“Wat skeel jou nou?” brom ou Stoffel haar man.
“Jy , hoo hoo , kompleet nes ‘n uil “.
“Aag ou man” sê Nig Betta, jy moenie nog lol , want‘n nagmerrie het my gery en van teleurstelling het ek byna beswyk en amper beroerte gekry. “ Ek droom daar is ‘n groot vendusie van mans by ‘n afslaer hier op die dorp. Ek dag toe nou is dit my kans , en sit stilletjies af met ‘n 5 pond noot in my sak. Daar gekom moes ek van ontsteltenis gaan staan want duisende vroue was daar. Hulle skree en druk dat jou kop daarvan draai. Hulle bevlieg en verplunder mekaar en uiteindelik is ons binne die saal. En wat ‘n wonder gesig; die mooiste adonisse waarvan jy net droom, staan daar in helder lig. Die een lyk kompleet nes die blonde matroos, die ander soos ‘n donker akteur, en nog een soos ‘n Tarzan; sterk en gespierd. Ek dag toe , al verpand ek ons ou tjorrie, vandag gaan ek een van die mooistes hier kies. Maar daar was baie soos ek want die klomp was gou buite beheer. Eindelik kom die afslaer se stem en sê dat almal moes swyg en begin by die eerste jong held. “Wie maak my ‘n bod”? En asof uit een keel kom die antwoord met krag en geweld. “Eenhonderd, tweehonderd, driehonderd pond”! Ek voel hoe my moed begin daal toe die klomp nog hoër opjaag en die eerste 2000 pond behaal. Ag, hulle was wonderlik nes super mans en my hart was so seer , kan jy glo toe die klomp nog hoër opjaag en die pryse bly net daarbo. Maar uiteindelik kom die afslaer se stem vir die ander klomp nog daar. In ‘n kamer langsaan was daar ‘n groot skaar van mannetjies, klein en verpot. Die afslaer skree, die vroue bly stil , nie een enkele een maak ‘n bod . “Maar uiteindelik ouman word die mans , wat soos jy is , skraal en tengerig van lyf , jou waarlik in bossies, soos wortels,verkoop. Halfkroon vir ‘n bossie van vyf. Ek dag toe ek sal maar ‘n bossie moet koop, ek mag dalk’n winskopie kry. Maar die eerste wat ek uit my bossie trek, my ouman was niemand anders as jy”!
Liefde
Alida 

No comments:

Post a Comment