Wednesday, October 31, 2012




Nog 'n foto van ons Vrydag se tuisskool bymekaar kom groep, Lightbearers-kursus.  Nege tienerseuns kan nogal 'n interessante gesprek of drie voer.







By die Saskatoon-plaas geneem.






Goeie ou Alberta somerdae!  Mckenzie Lake met Hanna, die Ragan familie, Andre, Michael en Nathan.  

Nogal op vendusie!

Ek kry die onderstaande op die internet


Die volgende storie het ‘n ou oom van bykans 80 jr oud vir my gegee om te lees. Dit was tussen sy oorlede vrou se besittings en is baie lank terug geskryf.Ek het dit nogal geniet en besluit om dit te plaas.

Die droom van Nig Betta.
Nig Betta skrik een nag wakker.
Haar kussing papnat soos sy huil.
“Wat skeel jou nou?” brom ou Stoffel haar man.
“Jy , hoo hoo , kompleet nes ‘n uil “.
“Aag ou man” sê Nig Betta, jy moenie nog lol , want‘n nagmerrie het my gery en van teleurstelling het ek byna beswyk en amper beroerte gekry. “ Ek droom daar is ‘n groot vendusie van mans by ‘n afslaer hier op die dorp. Ek dag toe nou is dit my kans , en sit stilletjies af met ‘n 5 pond noot in my sak. Daar gekom moes ek van ontsteltenis gaan staan want duisende vroue was daar. Hulle skree en druk dat jou kop daarvan draai. Hulle bevlieg en verplunder mekaar en uiteindelik is ons binne die saal. En wat ‘n wonder gesig; die mooiste adonisse waarvan jy net droom, staan daar in helder lig. Die een lyk kompleet nes die blonde matroos, die ander soos ‘n donker akteur, en nog een soos ‘n Tarzan; sterk en gespierd. Ek dag toe , al verpand ek ons ou tjorrie, vandag gaan ek een van die mooistes hier kies. Maar daar was baie soos ek want die klomp was gou buite beheer. Eindelik kom die afslaer se stem en sê dat almal moes swyg en begin by die eerste jong held. “Wie maak my ‘n bod”? En asof uit een keel kom die antwoord met krag en geweld. “Eenhonderd, tweehonderd, driehonderd pond”! Ek voel hoe my moed begin daal toe die klomp nog hoër opjaag en die eerste 2000 pond behaal. Ag, hulle was wonderlik nes super mans en my hart was so seer , kan jy glo toe die klomp nog hoër opjaag en die pryse bly net daarbo. Maar uiteindelik kom die afslaer se stem vir die ander klomp nog daar. In ‘n kamer langsaan was daar ‘n groot skaar van mannetjies, klein en verpot. Die afslaer skree, die vroue bly stil , nie een enkele een maak ‘n bod . “Maar uiteindelik ouman word die mans , wat soos jy is , skraal en tengerig van lyf , jou waarlik in bossies, soos wortels,verkoop. Halfkroon vir ‘n bossie van vyf. Ek dag toe ek sal maar ‘n bossie moet koop, ek mag dalk’n winskopie kry. Maar die eerste wat ek uit my bossie trek, my ouman was niemand anders as jy”!
Liefde
Alida 

Tuesday, October 30, 2012

Deur Dana Snyman


Toe toilet nog ’n klein oord van gemak was

2012-10-30 22:22
Onlangs kom ek weer in ’n huis met só ’n toilet. Ek praat van ’n fleurig ingerigte, Christelik-Nasionale toilet met ’n gehekelde oortreksel oor die ovaal sitplek en die reuk van nagemaakte appelbloeisels in die lug.
Hoe het die oumense dit nou weer genoem? ’n Gemakshuisie. Is dit nie presies wat die toilet eens op ’n tyd in so baie Afrikaner-huise was nie? ’n Klein oord van gemak, waar jy die natuur sy gang kon laat gang terwyl jy deur ’n ou Reader’s Digest blaai of sommer net staar na die foto van Tafelberg – van Bloubergstrand af – op die almanak agter die deur.
Soms was daar ’n kerkalmanak waarop iemand in ’n bewerige skriffie by datums goed geskryf het soos: “Poppie van Herklaas”, “Tandarts” of “Opel moet ingaan vir diens”.
Wat het ons dit ook eens genoem? Die troon. Jy het op die snoesige troon gesit, met ’n stapeltjie voos tydskrifte langs jou op die vloer en ’n daddy longlegs-spinnekop bo jou teen die plafon. En nie net oor die troon se sitplek was ’n gehekelde oortreksel nie. Daar was ook een oor sowel die toiletbak- as die spoelbak se deksel.
O, en moenie daardie ekstra toiletrol vergeet wat altyd op die troon gestaan het nie – die reserwerol. Party vrouens het selfs ’n oortreksel vir hierdie reserwerol gehekel. Asof party dit ’n persoonlikheid wou gee, want soms het hulle daardie oortreksel ’n gehekelde gesiggie en sulke slap arms en bene gegee. Soos ’n impakspeler, soos Brok Harris op ’n Saterdag op Nuweland, het die reserwerol daar op die bak gewag.
In party toilette het ook ’n gehekelde houer met vyf of ses bykomende reserwerolle gehang – ’n gerusstellende gesig vir die dag waarop Ma of Ouma dalk besluit om in die kombuis met ’n kerrie te eksperimenteer.
Op ’n manier is dit gepas dat jy die reeks oortreksels dikwels op ’n kerkbasaar kon koop. Dit was asof die kerk ook eens betrokke was by die inrig van die toilet – die Christelik-Nasionale toilet. (Tussen daardie ou tydskrifte was ook altyd ’n ou Kerkbode en Voorligter).
Min sulke toilette se deur kon sluit, wat soms ’n probleem was – veral wanneer die dowe Oupa met sy kierietjie teen die deur kom kap en nie hoor hoe jy “Besigggg!” gil nie.
Soms was daar ’n styf opgerolde stukkie toiletpapier in die sleutelgat gedruk. Dit het my altyd met effens ander oë na die huismense laat kyk, en laat wonder: Wie is die een wat die ander in die toilet probeer afloer?
Min huise se toilette kan deesdae nie sluit nie. Min toilette het nog ’n lekker gehekelde oortreksel oor die sitplek. Die toilet in die moderne Afrikaner-huis is deesdae minimalisties gedekoreer: ’n toiletrol teen die muur, ’n borsel in die hoek. Dis al.
Die toilet is nou ’n plek om in zen-agtige eenvoud te doen wat jy nie kan vermy nie.
Die troon het ’n tregter geword.
- Volksblad

Thursday, October 18, 2012

Mark was op 'n leiers kursus in Banff. Die foto is van die hotel kamer geneem. Die gedagtes is neegeskryf in die klaskamer...

Bome
Steilte en ope lug
'n visie beperk
deur mensekrag
God red ons
ware vrymaking
Opstandingskrag

Wednesday, October 3, 2012

My verjaardag

Mark en seuns sing vroegoggend vir hulle ma.  Kry baie drukkies en soentjies deur die dag.  Gaan middagete saam met Kathy by die Saskatoon Farm koffie drink.




Word bederf by 'n "fine dining" restaurant in Fish Creek Park deur my man.  Dankie Here vir U genade.

Michael en Andre kry selfone!