Wednesday, September 19, 2012

Deon Opperman oor leierskap


n nes al die mense van die begin van tyd wie se siele oop gestaan het vir fascisme  – want dis al wat dit op die ou end is – verstaan ons huidige Malema een ding baie goed: Moet nooit op die gepeupel se rede beroep doen nie. Dit maak hulle deurmekaar. Doen beroep op hulle emosies – maklik gedoen deur tot hulle vooroordeel, partydigheid en veral eiebelang te spreek.
Daarom sou ek ‘n Tokyo/Cyril/Trevor as president wou sien. Natuurlik stel hulle persoonlike rykdom en eiebelang bo alles, maar, soos Thomas Paine (hy wat gehelp het om die VSA se grondwet te formuleer) geskryf het: “Let the needs of the office suit the needs of the man”. Paine het die inherente korrupsie van leiers goed verstaan. Sy doel was nie om leiers sonder korrupsie aan te stel nie (hulle bestaan nie), maar eerder om die regte soort korrupsie aan te stel. In die VSA gebruik die heersende elite hulle mag om hulself te verryk, ja, maar in die proses kry die “bottom feeders” (die res) genoeg krummels – infrastruktuur en dienste-  om hulle stil en aan die werk te hou. Paine se “goeie” leier verstaan dat jy baie vir jouself kan vat, maar nie alles nie.
Ns. Die tolpaaie gaan natuurlik op die ou end ingestel word – omdat die groepie ANC maatjies wat beplan het om geld daaruit te maak, gaan daardie geld maak ongeag wat die res van ons daarvan dink. Ons hospitale en infrastruktuur gaan aanhou verval. En die een of ander tyd gaan ons president, wie ookal hy mag wees, in ‘n Airforce 1 rondvlieg… soos dit ‘n “Chief” betaam.

Monday, September 17, 2012

Vanoggend se lugballonne




So net na nege gewaar ons die balonne, die seuns en ek het 'n lekker tydjie gehad om van skoolwerk te vergeet en na die balonne te kyk.  Michael en Andre het die mense in die mandjie met hul verkyker gevolg.

By die kerk

Paar fotos onlangs by die kerk geneem.



Die eerste foto is van ons Vrydae byeenkoms vir tuisskolers, nie een van die gesinne is in dieselfde kerk nie, maar die seuns - 9 van hulle, geniet mekaar se geselskap en dan veral die stoeiery na die tyd.dan Mark na die diens en die jeug by die kerk.

Baseball tournament

Die seuns en |Mark het Saterdag in Airdrie, net buite Calgary, 'n westryd  gespeel.  Ek weet nie wat Baseball in Afrikaans is nie, moet seker uitvind.  Hulle het half nege hier gery en eers na 4 teruggekom.  Baie lekker dag gehad want daar was hope vriende en kennisse.