Friday, November 4, 2011

Interessante Projek

Maak yskasmagnete. Hier is 'n super-duper link vir al die mooiste kunstetjies. Al wat jy doen is
Print. Knip. Plak. Maklik.

Gaan koop Sticker Project Paper of gewone karton en gom en magnete. Soek die Aimee Asher link op. Kry jou gunsteling prent. Print. Plak en siedaar!



Hier is yskasmagnete. Die du-Preez's van Calgary het loshande die lelikste yskas so 'n boer maak 'n plan ....








Click to play this Smilebox slideshow
Create your own slideshow - Powered by Smilebox
This free photo slideshow customized with Smilebox





























This free photo slideshow customized with Smilebox

Lugmag Kadet


Malema protes minder intens

Kyk, moenie dink Malema se protes is slegter as die in ons ou stadjie nie. Winter is vanoggend hier en al wat bly is die betogers. Hulle kampeer nou al vir weke in die middel van die stad op die mooiste plein reg voor die munisipaliteits geboue en biblioteek. Al wat wil oppak is hulle. Moenie eers vra waarvoor hulle betoog nie, ek weet nie. Dis iets oor iets van iets van huisloses of so iets.


Openings seisoen

Amptelike opening van die winter. Hierdie jaar is die vertoning nie so dramaties soos die een van laas jaar nie.

Onthou ons goed toe die sneeu uit die hemele stort en vasberade vir 6 maande aand die aarde kleef. Kan nie die dag vergeet toe die agtergeblewe voels paniekbevange vir ure in die lug dorrel nie. Vandag is anders. Dis stiller. Die voels vlieg nie juis rond nie. Kyk oor die veld heen en sien sneeu alleen maar op warm huise se dakke en op verlate voetganger paadjies. Van hier lyk dit nie of skoorstene al aan die werk is nie. Vat seker maar 'n laaste ruskans voor die groot jy weet wat.

Het nou net die furnace gaan opdraai, askies ek weet nie wat die Afrikaans vir die groot gedoente is nie. Michael kla hy kry koud. Dis nie juis vreemd vir hom om so te se as hy geirriteerd voel nie. Hy kry dan of koud of se hy is verveeld. Deesdae is verveeld depressed. Nugter weet waar hy daai woord kon optel en toe omswaai vir sy eie betekenis. Ja, ja ja moet nou nie se die kind is depressed want hy word gehomeschool nie of Sarie het 'n artikel oor kinders wat vreeslike dinge aanvang wat se hulle is depressed. Hierdie is iets anders. Depressed in hierdie bepaalde konteks beteken sien my raak want ek voel geirriteerd en weet nie hoe om die situasie te hanteer nie.

Paai woordjies, vermaning, 'n grappie, Puddy, Ruth of so iets help hom gou weer reg. Jiggie, nou voel ek ook depressed oor die winter wat hier is. Nee kyk, jy is of 'n mens wat winter kan vat of nie. "Survival of the fittest" "South-Africans dont give up", slaat maar die spreuke maar ek bly te pieperig vir hierdie een. Bring maar die hitte, vrolike blomme en water om my op te kry. Selfs my baie intens belangrike spreuk - 'n Koei wat gaan le, vrek! werk ook maar net-net, soms.

Winter beteken oormatige koffie drink seisoen. Blameer ons nie, ons weerstaan yslike koues van minusse en plus plus minusse vir maande. Dis soos as iemand jou kop onder die water druk vir lank sonder 'n teug suurstof so nou en dan. Die rykes en afgetredenes en skuldmakers gaan toer so elke kort-kort vir hul teug sonskyn. Nogal snaaks, die mense kry smake wat bly vir die res van so 'n persoon se aardse reis in KK. Daar is die reus Starbucks. Mark moet julle weet is 'n gewaardeerde klient, het net nou die dag weer 'n kaartjie in die pos gekry van die groot S. om te se sy 15 de koffie is verniet. Miskien kan hy ons eendag vertel hoeveel van die hy in sy leeftyd bereik het. Sterk en manlik is die koffie.

Hy is nog nie heeltemal so nie, maar ons moet maar uitkyk :

Baie Starbuck-neusoptrekkers soos ek hou weer van Tim Hortons (Timmies). Sulke stroop-soet drankies met 'n koffie geurtjie. Dis 'n geheime plesiertjie vir so nou en dan onthou.
Ander Kanadese drink van Second Cup en die groenes (in die nie-Suid-Afrikaanse konteks) drink Good Earth.

Dis naweek, hoera!







Friday, October 28, 2011

Ons motto

Het hierdie motto by HM Swart se laerskool op Bethal gesien(facebook) en gedink, dis fantasties!

LAGlekker

GESELSgenoeg

weesVERDRAAGSAAM

nou is dit ons tuisskool se motto vir die jaar ook.

Monday, October 24, 2011

Ons naweek aktiwiteite - 20 Oktober 2011

Click to play this Smilebox newsletter
Create your own newsletter - Powered by Smilebox
Newsletter customized with Smilebox

Harvest Festival by die Frasers

Ons het elke jaar 'n harvest festival by die Fraser-gesin. Hulle is oorspronklik van Skotland (Don) en Joanne van Nederland. Soos in die meeste gevalle is baie Kanadese eerste of tweede geslag. Hierdie land is 'n mengelmoes van al wat nasie is. Janie se toe hulle burgerskap kry dat daar so 100 mense was waaronder 27 nasies.

Andre Michael email adresse

Hi, almal wat Andre of Michael wil kontak:

Andre - andredp8@gmail.com

Michael - mikesdp8@gmail.com


Tuesday, October 18, 2011

Dubbel Kliek

Dubbel Kliek op 'n foto, dan vergroot al die fotos. Druk escape om weer terug na normaal te keer en siedaar!

Michael












Michael is 'n sonstraal. Hy kan net so vinnig in 'n donker wolkie verander. Hierdie cowboy kan ons almal se koppe vinnig swaai - se nou maar ek en Andre stry, dan is hy die een wat gou-gou die gesprek draai soos hy dink dit moet wees en kort voor lank het almal weer koers. O, ja en onthou om tog nie vir sy kat te lag nie - hy mag dalk vergewe, maar vergeet...., vergeet dit maar.

Iets van Andre
















Andre is baie positief. As hy tog net 'n grappie kan vertel, dan kry hy sooo lekker as jy saam lag.
Hiers so paar fotos van Andre, sy verjaardag, white water rafting in die berge, rolskaatsaand. Hy is soos 'n Ninja aangetrek. Eintlik wou Andre iets anders wees - maar toe is sy ma te "lui" - gmpf! hmm... ekskuus te besig om al die balle in die lug te probeer hou om hom te help met 'n "kostuum" Hy het my regtig verbaas toe hy so 5 minute voor ons sou ry om die hoek in die kombuis instap. Ek het gehaa (dis veronderstel om te skrik) want ek was op die foon.

Thursday, October 6, 2011

Steeds fotos op hierdie reenweer dag, net die pannekoek kort want myne flop soms

Dis toe nou die rok. Pragtige chiffon.
In die aanpaskamer, ek het 'n mooi rok gesien maar die rok pas toe nie reg nie.
Michael se werkplek. Hy het 'n hele kamer vir homself geannekseer.
Kananaskis kampterrein. Ons het vir so 2 aande gekamp. Baie lekker weer gehad.
Seuns laai die mandjies in, dis so lekker om voor te sit en hulle af te neem.
Nog fotos van die kwekery, ons het gaan mandjies koop vroeg in die somer
Vet vark! Sy naam is nogal Sunflower of so iets. Hy bly by die kwekery en is baie trots op homself.
Christo Heiberg en Mark. Kyk net hul groot koffie koppies! Christo bly in die ooste van Kanada, naby Ontario. Ons bly in die west van Kanada, by die Rockies in Alberta

Die maand Oktober en eks lus vir fotos laai

Fotos deur 2011 somer geneem, regte allegaartjie