Friday, November 4, 2011

Interessante Projek

Maak yskasmagnete. Hier is 'n super-duper link vir al die mooiste kunstetjies. Al wat jy doen is
Print. Knip. Plak. Maklik.

Gaan koop Sticker Project Paper of gewone karton en gom en magnete. Soek die Aimee Asher link op. Kry jou gunsteling prent. Print. Plak en siedaar!



Hier is yskasmagnete. Die du-Preez's van Calgary het loshande die lelikste yskas so 'n boer maak 'n plan ....








Click to play this Smilebox slideshow
Create your own slideshow - Powered by Smilebox
This free photo slideshow customized with Smilebox





























This free photo slideshow customized with Smilebox

Lugmag Kadet


Malema protes minder intens

Kyk, moenie dink Malema se protes is slegter as die in ons ou stadjie nie. Winter is vanoggend hier en al wat bly is die betogers. Hulle kampeer nou al vir weke in die middel van die stad op die mooiste plein reg voor die munisipaliteits geboue en biblioteek. Al wat wil oppak is hulle. Moenie eers vra waarvoor hulle betoog nie, ek weet nie. Dis iets oor iets van iets van huisloses of so iets.


Openings seisoen

Amptelike opening van die winter. Hierdie jaar is die vertoning nie so dramaties soos die een van laas jaar nie.

Onthou ons goed toe die sneeu uit die hemele stort en vasberade vir 6 maande aand die aarde kleef. Kan nie die dag vergeet toe die agtergeblewe voels paniekbevange vir ure in die lug dorrel nie. Vandag is anders. Dis stiller. Die voels vlieg nie juis rond nie. Kyk oor die veld heen en sien sneeu alleen maar op warm huise se dakke en op verlate voetganger paadjies. Van hier lyk dit nie of skoorstene al aan die werk is nie. Vat seker maar 'n laaste ruskans voor die groot jy weet wat.

Het nou net die furnace gaan opdraai, askies ek weet nie wat die Afrikaans vir die groot gedoente is nie. Michael kla hy kry koud. Dis nie juis vreemd vir hom om so te se as hy geirriteerd voel nie. Hy kry dan of koud of se hy is verveeld. Deesdae is verveeld depressed. Nugter weet waar hy daai woord kon optel en toe omswaai vir sy eie betekenis. Ja, ja ja moet nou nie se die kind is depressed want hy word gehomeschool nie of Sarie het 'n artikel oor kinders wat vreeslike dinge aanvang wat se hulle is depressed. Hierdie is iets anders. Depressed in hierdie bepaalde konteks beteken sien my raak want ek voel geirriteerd en weet nie hoe om die situasie te hanteer nie.

Paai woordjies, vermaning, 'n grappie, Puddy, Ruth of so iets help hom gou weer reg. Jiggie, nou voel ek ook depressed oor die winter wat hier is. Nee kyk, jy is of 'n mens wat winter kan vat of nie. "Survival of the fittest" "South-Africans dont give up", slaat maar die spreuke maar ek bly te pieperig vir hierdie een. Bring maar die hitte, vrolike blomme en water om my op te kry. Selfs my baie intens belangrike spreuk - 'n Koei wat gaan le, vrek! werk ook maar net-net, soms.

Winter beteken oormatige koffie drink seisoen. Blameer ons nie, ons weerstaan yslike koues van minusse en plus plus minusse vir maande. Dis soos as iemand jou kop onder die water druk vir lank sonder 'n teug suurstof so nou en dan. Die rykes en afgetredenes en skuldmakers gaan toer so elke kort-kort vir hul teug sonskyn. Nogal snaaks, die mense kry smake wat bly vir die res van so 'n persoon se aardse reis in KK. Daar is die reus Starbucks. Mark moet julle weet is 'n gewaardeerde klient, het net nou die dag weer 'n kaartjie in die pos gekry van die groot S. om te se sy 15 de koffie is verniet. Miskien kan hy ons eendag vertel hoeveel van die hy in sy leeftyd bereik het. Sterk en manlik is die koffie.

Hy is nog nie heeltemal so nie, maar ons moet maar uitkyk :

Baie Starbuck-neusoptrekkers soos ek hou weer van Tim Hortons (Timmies). Sulke stroop-soet drankies met 'n koffie geurtjie. Dis 'n geheime plesiertjie vir so nou en dan onthou.
Ander Kanadese drink van Second Cup en die groenes (in die nie-Suid-Afrikaanse konteks) drink Good Earth.

Dis naweek, hoera!