Monday, September 5, 2011

Ketting om die nek

Ek wil hom he maar ek wil hom ook nie he nie. Eendag in die verre toekoms gaan hierdie ketting disintegreer wil ek glo. Dis daai dag wanneer ek weer gaan vry wees in of, of van, KK.

Die Beeld. Die Beeld Koerant. Regter duim druk beeld-ikoon tydig en ontydig. Enige impuls van blydskap, verlatenheid, verdrietigheid, gramskap, oorwinning laat Beeld oppop. Het Beeld al die dag se nuus verspil, kom News24 op.

Soos 'n hond aan 'n ketting is my lyf en kop. Die nuus laat my drafstap, gaap, verpesting voel, hoop he ... elke spier in harmonie met die ketting se geluid.

Ander skakels aan die ketting is : E-pos, Facebook. Deur hierdie skakels sirkuleer my wese dag vir dag, jaar vir jaar. Kuduclub was een so 'n skakel, maar is oorgeneem deur hierdie drie. Die strop raak al nouer.

Dis net saans wanneer ek gaan slaap dat die ketting rus.